Drie gearresteer vir Amy-Leigh se ontvoering

VANDERBIJLPARK. - 'n Man en twee vroue is laat gisternag, 4 September, voor middernag gearresteer op 'n kleinhoewe buite Vanderbijlpark. Volgens voorlopige inligting is een van die drie, ouderdomme tussen 27 en 50 bekend aan Amy-Leigh se ouers, Wynand en Angeline de Jager.

VANDERBIJLPARK. – ‘n Man en twee vroue is laat gisternag, 4 September, voor middernag gearresteer by ‘n plot op Rosashof, buite Vanderbijlpark.

Volgens voorlopige inligting is een van die drie, ouderdomme 27, 40 en 50 bekend aan Amy-Leigh se ouers, Wynand en Angeline de Jager.

Amy-Leigh is net na 07:15 Maandagoggend, 2 September uit die hande van haar ma, Angeline, by die skool gegryp en deur vier mans in ‘n Toyota Fortuner met verdonkerde ruite ontvoer. Daarna het sosiale media gegons en die polisie, buurtwagte en gemeenskap het onverpoosd na die voertuig gesoek. Verskeie Fortuner-voertuie is gedurende die Maandag afgetrek, maar daar was geen teken van die voertuig of Amy-Leigh nie.

Almal was dankbaar toe die nuus ontvang is dat Amy-Leigh de Jager (6), Dinsdag in die vroeë oggendure huilend langs die pad by die Shakespeare-Inn in Faraday-boulevard deur ’n man en vrou gevind is. Volgens voorlopige inligting was dit dieselfde persone wat Amy-Leigh 18 ure vroeër ontvoer het.

Die polisie soek egter na nog verdagtes wat ook by die ontvoering betrokke was.

Die drie verdagtes in hegtenis verskyn vandag in die hof op Vanderbijlpark.

Pa Wynand en ma Angeline saam met hul twee kinders Amy-Leigh en Jayden. Foto: Facebook

 

 

Exit mobile version