‘Geen goeie daad word ongestraf gelaat….’

'Fonteintjie' ontplof in inwoner se gesig toe hy waterlek probeer herstel.

‘Geen goeie daad word ongestraf gelaat….’

Willie Rossouw van Riviera Properties in Vanderbijlpark sê hulle het vanoggend ‘n waterlek op die sypaadjie by Louis Trichardt-boulevard 148 gerapporteer. En weer. En weer.
Mega Surf het dit ook gerapporteer. Toe hulle geen reaksie kry nie, het hulle die “fonteintjie” maar self probeer regmaak, totdat dit in Willie se gesig gebars het – met skreeusnaakse gevolge vir omstanders (hoewel Willie nie gedink het dis snaaks nie).
“Ek is nou lekker opgecharge,” het Willie agterna met ‘n lang gesig, wat net so vol modder soos sy klere was, gesê.
Die Engelse het mos ‘n gesegde wat lui: No good deed will go unpunished!

Foto onder: Die waterlek in Louis Trichardt-boulevard voordat Willie dit probeer herstel het.

Exit mobile version