‘n Nuwe, ongewone troeteldier-gier tref die Vaal

Effens grillerig, maar groot pret om jou eie slakkies te sien groei!

Baie kleingoed in die Vaaldriehoek en ander dele van die land het ‘n nuwe soort troeteldier: ‘n reuse, slymerige Afrika-slak!

“Dis amper soos om sywurms te versorg en te sien grootword – die enigste verskil is net dat hierdie “wurms” ‘n dop op sy rug het,” sê kinders wat reeds van dié troeteldiere aangeskaf het.

Jeanine Fouché van die Vaaldriehoek laat weet dat sy van die slakke het om te verkoop. Sy skryf:

“Ek het die oulikste klein giant African land snails om te verkoop as iemand sal belangstel. Hulle is baie maklik om aan te hou vir jou kind of kinders vir ‘n troeteldier en baie maklik om te versorg.”

Besoek haar Facebook-blad by hierdie skakel as jy meer daaroor wil uitvind:

https://www.facebook.com/jeanine.fouche1?fref=gs&dti=35034794650&hc_location=group_dialog

 

Exit mobile version