VF+ laat gesiggies ophelder dié Kersfees

Skoolbenodigdhede, speelgoed en lekkergoed vir kleingoed

 

VANDERBIJLPARK. – Die VF+ het dié Kerstyd ‘n hele klompie kinderhartjies verbly deur geskenkpakkies by die laekoste-behuising in CW5 sowel as by die Emfuleni-deurgangshuis uit te deel.
Die geskenkpakke het skoolbenodigdhede, ‘n klein speelding en lekkergoed ingesluit.
“Die opheldering van die kindergesiggies het gemaak dat die projek die moeite werd was omdat almal nie die vermoë het om vir die kinders te gee wat nodig is vir die eerste dag terug by die skool nie,” sê mnr. Cobus Cato (wat ook as Kersvader diens gedoen het).
Mnr. Cato en mev. Gerda Senekal, VF+ raadslid in Emfuleni, betuig graag dank van die VF+ se kant af aan almal wat bygedra het om hierdie aksie moontlik te maak.

Exit mobile version