Die ooievaar is suinig vanjaar!

Slegs een Kersbaba by Mediclinic Vereeniging gebore

Waar daar normaalweg 10 of meer babas op Kersdag by private hospitale in die Vaaldriehoek gebore word, was daar vanjaar net enetjie by Vereeniging Mediclinic.
Hy is Francois Jansen van Vuuren, wat om 10:41 op Kersoggend gebore is. Francois is die seun van Fanie en Chantelle J. van Vuuren van Vanderbijlpark, wat ook reeds ‘n dogtertjie, Chelinke, het. Francois, wat 3.175 kg by geboorte geweeg het, is nog in die intensiewe sorgeenheid van die hospitaal omdat hy ‘n bietjie vroeër as die verwagte datum opgedaag het.

* Die totale getal Kersbabas wat vanjaar in Vaaldriehoekse staatshospitale gebore is, is nog nie bekend nie. Alle mammas van 2018-Kersbabas is welkom om selfoonfoto’s te neem en dit te WhatsApp na 083 246 0523.

Exit mobile version