AmusingLocal newsNews

Die kraaie gaap letterlik in die Vaal!

Waarom sit so baie voëls die laaste paar dae gereeld met oop bekke? 

 

‘n Vaalweekblad-lesers, Ben, bel nou-nou en sê: “Hou bietjie die voëls dop. Baie van hulle sit die afgelope paar dae met oop snawels.”
Hy sê hy het vroeër vanoggend weer drie Indiese Mynas in Vanderbijlpark gesien wat langs mekaar op sy pallisade sit met hul bekke wawyd oop. ‘n Myna is nou wel ‘n soort spreeu en seker nie verwant aan kraaie nie, maar sou dié eienaardige gedrag dalk verband hou met die ou gesegde dat dit so warm is dat die kraaie gaap?

Dit is ook nie net die Mynas wat so oopbek in die hitte sit nie – ander voëls doen dieselfde.
Ben sê hy het al gehoor dat voëls (veral watervoëls), afkoel deur vinnig deur hul oop snawels asem te haal wanneer die temperatuur baie hoog is.
As daar voëlkenners is wat meer van dié ongewone gedrag weet, laat weet ons asseblief?

Back to top button