Die een wat nie weggekom het nie!

Gerrit Meyer, bekende sakeman van die Vaaldriehoek en eienaar van Park Toere, het verlede Maandag die grootste geelvis in sy baie jare as hengelaar kant toe gebring

 

Retha Fitchat
VANDERBIJLPARK. – Gerrit Meyer, bekende sakeman van die Vaaldriehoek en eienaar van Park Toere, het verlede Maandag die grootste geelvis in sy baie jare as hengelaar kant toe gebring.

Die vis van 6.5 kg is in ‘n stroom op Gerrit se plaas in die Vredefort-koepel gevang. Hoewel hy nie beplan het om die dag te gaan hengel nie, het Gerrit die kans benut om ‘n paar minute lyn nat te maak terwyl hy gewag het vir sy plaasvoorman, terwyl dié besig was met voorbereiding om besoekers te ontvang.

Gerrit sê hy het sommer kunsaas gebruik en met die derde gooi het die grote die aas gegryp. Gerrit het dadelik besef daar is ‘n bielie aan die hoek. Gelukkig het sy voorman toe met ‘n skepnet aangehardloop gekom om te help dat dié meneer van ‘n geelvis nie ontsnap nie.

Soos dit Gerrit se gewoonte is, het hy die ou grote uiteindelik tog weer laat wegkom. Die vis is in die water vrygelaat met die hoop om hom eendag weer vir ‘n ontmoeting te kan uitdaag.

Gerrit Meyer met sy reuse-vangs

Exit mobile version