AmusingLifestyleLocal newsNews

Hier moet jy gelyktydig rem én vet gee!

Hoe gemaak as jy voor ‘n verkeerslig te staan kom wat gelyktydig vir jou wys jy moet ry én stop?

 
Retha Fitchat

VEREENIGING. – Hoe gemaak as jy voor ‘n verkeerslig te staan kom wat gelyktydig vir jou wys jy moet ry én stop?

Dit is motoriste se kopseer by die groot kruising in Houtkopweg, Vereeniging, waar ‘n rooi en groen verkeerslig gelyktydig vertoon word.

Vaalweekblad het sedert verlede Maandag herhaaldelik probeer om die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se Verkeersafdeling oor dié ongewone en hoogs gevaarlike situasie per foon en e-pos te kontak, maar tot dusver sonder sukses.

Motoriste wat die afgelope weke die roete ry, sê die teenstrydige ligte veroorsaak baie verwarring en misverstande.

Hoewel baie motoriste hul kommer op sosiale media uitgespreek het, was daar natuurlik ook die gebruiklike ligter kommentaar van Facebook-lesers.

“As jy gelyktydig op die rem en versneller trap, neem jou kar ‘n selfie,” was Riaan van der Walt se verduideliking.

Nee, dit beteken jy moet “gaan en stop en gaan en stop”, is hoe Fihona Jooste die weersprekende ligte interpreteer.

Wynand Vermeulen het moontlik die mees “logiese” raad: “Ek dink in so ‘n geval moet mens maar oor reverse,” is sy voorstel.

* Vaalweekblad het nog steeds geen reaksie van die owerhede gekry nie en sal voortgaan om die stel ligte, wat vermoedelik verkeerd geprogrammeer is, onder die Verkeersafdeling se aandag te bring met die versoek om dit dringend reg te stel.

Back to top button