LifestyleLocal newsNewsPhoto GalleriesSchoolSport

LS Republiek met reg trots op dié skrander ster

Cyanda Bekker, ‘n skrander gr. 6-leerling van die Laerskool Republiek het op 8 September aan die SA Nasionale Klub-landloopkampioenskap in Port Elizabeth deelgeneem

Cyanda Bekker, ‘n skrander gr. 6-leerling van die Laerskool Republiek het op 8 September aan die SA Nasionale Klub-landloopkampioenskap in Port Elizabeth deelgeneem. Wedlope het in ouderdomsafdelings vanaf o/10 tot veterane (albei geslagte) plaasgevind. Cyanda het 20ste in haar afdeling geëindig: ‘n goeie prestasie as in ag geneem word dat 120 atlete in haar afdeling deelgeneem het. Die trotse skoolhoof van Laerskool Rippies, Heiné Muller, sê atletiek is egter nie die enigste aktiwiteit waarin Cyanda presteer nie. ‘As gebalanseerde kind kan sy spog met ‘n akademiese gemiddeld van 90%+ en sy is ook ‘n kranige deelnemer aan kultuuraktiwiteite. Haar ander sportprestasies sluit in hokkie (Sedibeng o/13 – 2019), uitmuntende uitslae as middelafstandatleet en ywerige netbalspeler. Rippies is opreg trots op dié ster!”

Back to top button