AmusingHealthLifestyleLocal newsNews

Uithouer Jacques sit 75 dae vir Cansa

Ondersteun dié vasbyter se bewusmakingsprojek ten bate van kankerlyers en help hom om die vorige rekord te verbeter!

 

 

As daar nou ‘n vasbyter is, is dit Jacques Bekker, wat besig is met ‘n poging om 75 dae in ‘n “hok-stellasie” by die Palms-winkelsentrum in Louis Trichardt-boulevard, Vanderbijlpark, te sit.
Sy doel is om geld in te samel vir Cansa…. En dit lyk of hy in sy doelwit gaan slaag! Vrydag, 20 Oktober, bereik Jacques sy 75ste dag! Luister gerus Vrydag na VCR 90.6 FM om meer oor sy projek te hoor.
Intussen is daar nog ‘n hele paar dae oor om Jacques te ondersteun: Bel of SMS/WhatsApp hom by 072 625 3331 want die dae en aande kan maar lank en eensaam raak as jy geen ander geselskap in jou “hok” het nie!
Enige donasies vir Cansa sal ook baie waardeer word. Gaan kuier vir Jacques en neem ‘n donasie saam, of betaal dit in die volgende rekening in:

CANSA
ABSA VEREENIGING
CHEQUE ACCOUNT 480280865
TAK 632005
REF: COPING FOR A CAUSE

Back to top button