AmusingLifestyleLocal newsNews

Meyerton kry donkie-baba as geskenk!

Vulletjie word toe sommer langs die renbaan gebore

 

Retha Fitchat

Meyerton vier hierdie jaar sy 125ste bestaansjaar. Een van die hoogtepunte op vanjaar se kalender in dié dorp was ‘n 125 jaar fees wat onlangs by die Midvaal-renbaan gehou is. Duisende inwoners het na die pretdag opgeruk om na staaltjies te kom luister, vertonings te sien en na ‘n paar van die land se topsangers te kom luister. Drie van Midvaal se raadslede, Freddie Peters (Speaker: Midvaal), raadslid Sue Muirhead, wyksaadslid vir Midvaal Wyk 13, en raadslid Phil Pretorius, Hoofsweep: Midvaal Raad het vir groot opwinding gesorg toe hulle in ‘n donkiekar by die geleentheid opgedaag het – waarskynlik die eerste geleentheid ooit waar blitsige motors moes terugstaan vir ‘n donkiekar! Die karretjie, wat aan Speaker Peters behoort, is getrek deur sy donkies Daisy en Jakob. ‘n Verdere interessante nadraai was dat Daisy, wat hoog-dragtig was, later die dag by die rebaan gevul het. ‘Ons het geweet sy was dragtig en naby haar verwagte datum, daarom het ons deurgaans baie mooi met Daisy gewerk,” sê mnr. Peters. Die vulletjie het teen Ster/Vaalweekblad se saktyd nog nie ‘n naam gehad nie.

Daisy en haar pasgebore vulletjie

Back to top button