AmusingCommunityLifestyleLocal newsNews

Hier ‘hengel’ jy sommer in die veld…

"Dam" ontstaan oornag in veldjie

 

‘n Inwoner van SE2, Vanderbijlpark, het onlangs besluit om sy hengelgereedskap uit te haal en te gaan lyn natmaak in die  oop veld langs Fitzsimmonsstraat wat weens ‘n munisipale waterlek in ‘n “dam” verander het. Die tweede foto is in Watermeyerstraat geneem, waar die gevolge van die lek ook al duidelik sigbaar is. DA-raadslid Phillip Nothnagel het die afgelope weke weer ernstige druk op die Emfuleni-munisipaliteit geplaas om dringende aandag aan gebarste waterpype en -lekke in sy wyk te gee. ‘n Woordvoerder van die munisipaliteit het aan Vaalweekblad bevestig dat aandag aan die probleme gegee word.

Back to top button