Brand in Stokkiesdraai-omgewing

Groot veldbrand versprei vinnig en rig duisende rand se skade aan

Die Stokkiesdraaipad in Vanderbijlpark was vanmiddag vir ‘n geruime tyd onbegaanbaar vir motoriste weens ‘n baie groot veldbrand. Donker rookwolke het oor ‘n groot deel van die paaie in die hoewe-gebied buite die dorp gehang, en sig was by tye te swak om daar te ry.

Vaalweekblad verneem dat ‘n veldbrand omstreeks 12:00 op een van die plase begin het en toe weens ‘n sterk wind na omliggende gebiede versprei het. Dit het onder meer na Paintball Bunnies versprei, waar duisende rand se skade aangerig is. Die brandweer was heeltyd op die toneel tot laat vanmiddag.

Baie sterkte aan die mense wat groot skade gely het. Foto’s: Chris Smuts

Exit mobile version