News

Nuutste inligting oor #DeneysvilleLeeus wat ontsnap het

DENEYSVILLE. - Dit was 'n besige oggend by die Deneys Croc Ranch in Deneysville om die twee leeus wat deur die nag uit hul hok ontsnap het weer veilig terug te kry.

Nico Kroukamp het vanoggend die twee leeus gewaar waar hulle rustig in die pad af stap.

Daar is pogings aangewend om die leeus terug te jaag na die Deneys Crock Ranch, maar die mannetjie, Maluti, het ander planne vir die oggend gehad.

Hy het vir ‘n rukkie by die beeste gaan lê en daarna vir drie ure in ‘n boom oorkant die pad, op ‘n ander plot gelê.

Die leeu-wyfie, Nyala, was vinnig terug in haar hok.

Hy het later wel uit die boom geklim, maar teenoorgestelde rigting ingeslaan, in plaas van na die Deneys Croc Ranch.

‘n Veearts se hulp is gevra en Maluti is verdoof en terug na sy hok geneem.

Beide leeus is veilig en nie meer op vrye voet nie.

Maluti en Nyala is ook in ‘n goeie toestand en het hul goed gedra terwyl hulle bietjie rondgeloop het.

Klik op die skakel om die video te kyk waar die twee leeus in die pad af stap:

Leeus loop rustig in die pad

 

Hou gerus vaalweekblad.com dop vir meer fotos en videos deur die loop van die dag

Back to top button