HS Driehoek vereer toppresteerders

Skool se 2016-leerlinge wat op verskeie terreine uitgeblink het, het onlangs toekennings ontvang

Jalencke Weeber van die Hoërskool Driehoek is onlangs as die skool se dux-leerling en as graad 12-leerling met die beste akademiese prestasie (gem. 92.54%) in haar graad vereer.
Marcelle Samons, hoofdogter van die Hoërskool Driehoek in 2016, is onlangs met die skool se Veelsydigheidstrofeë vereer vir volgehoue prestasies van gr. 8 tot 12 op akademiese, sport- en kulturele gebied.
Akademie – beste leerder per graad:
(Vlnr): Sumané Janeke (gr.8 met gem. 93.48%), Weronique Kichenbrand (gr.9 gem.93.45%), Anandi Greyling (gr.10 gem. 87.56%) en Christelle Ernst (gr.11 gem. 85%).
Kultuurpresteerders: Vlnr: Hannelie Petzer (Junior Kultuurdogter), Monique Labuschagne (Senior Kultuurdogter), Harry Marx (Senior Kultuurseun), Enrico Kitching (Junior Kultuurseun).
Een van die Hoërskool Driehoek se mees legendariese onderwysers, mnr. Leon Visser (by die skoolkinders bekend as “Mr Fish”), het onlangs ‘n toekenning vir 30 jaar diens aan die skool ontvang.
Exit mobile version