Local newsNewsNews

Krokkies se swemplek moet verbeter

DENEYSVILLE. - Die Deneysville Lion and Crock Ranch was onlangs in die spervuur toe sosiale media gegons het oor die haglike toestande waarin die diere moet leef.

DENEYSVILLE. – Die Deneysville Lion and Crock Ranch was onlangs in die spervuur toe sosiale media gegons het oor die haglike toestande waarin die diere moet leef.
Ongelukkigheid oor dié ranch sluit onder meer vuil water vir die krokodille, ‘n emu wie se been na bewering gebreek is, ‘n leeu met infeksie in sy oog en die gebied waar die varke aangehou word, wat beskryf is as ‘n metaal skrootwerf. Inspekteurs van die Vereeniging/Vanderbijlpark Dierebeskermingsvereniging (DBV) het nie gesloer om ondersoek in te stel nie. Daar is egter bevind dat die emu nie ‘n gebreekte been het nie, maar met ‘n misvormdheid gebore is. Die leeu het ook nie ‘n ooginfeksie nie, maar wel ‘n moesie wat onder die oog groei. Daar was wel groot bekommernis oor die toestand van die damme waarin die krokodille lewe, asook die kwaliteit en hoeveelheid water wat vir hulle beskikbaar is. Die toestand waarin die varke leef is ook nie op standaard of van goeie gehalte nie.

Dit is hoe dit gelyk het voor die krokodille se damme skoongemaak is.
Dit is hoe dit gelyk het voor die krokodille se damme skoongemaak is.

Die eienaar van die Deneysville Lion and Crock Ranch het ‘n waarskuwing gekry om al die bekommernisse wat die DBV het, reg te stel. “Ons glo daaraan om ander eers op te voed voor ons hulle vervolg. Geen landdros sal ‘n lasbrief aan ons toestaan voor ons nie tyd afgestaan het om die eienaars eers op te voed en probeer het om die probleem deur middel van waarskuwings op te los nie,” sê Marlien Pieterse, bestuurder van die Vereeniging/Vanderbijlpark DBV.
Sedertdien besoek inspekteurs van die DBV daagliks die Deneysville Lion and Crock Ranch. Die krokodille se damme is skoongemaak en die diere het nuwe water en die varke is in die kamp by die emu’s waar hulle vrylik kan rondbeweeg. Nog ‘n waarskuwing is aan die eienaar uitgereik om te verseker die krokodille se damme word onderhou.
“Ons gaan gereeld besoek hier aflê om seker te maak die eienaars voldoen aan die vereistes om na die diere om te sien. Indien nie, sal ons nie huiwer om verdere stappe te neem nie. Ons is egter gekant teen die teling en aanhouding van wilde en eksotiese diere as troeteldiere of die aanhouding van dié diere. Hulle behoort in die wild,” sê Marlien.

 

Een van die grootste bekommernisse van die DBV was die lewensgehalte van die krokodille. Foto’s: Facebook
Een van die grootste bekommernisse van die DBV was die lewensgehalte van die krokodille. Foto’s: Facebook

Back to top button