CommunityCompetitionsNewsNewsPhoto Galleries

Dragon boot resies by Dome Fees

Die jaarlikse Domefees in Parys vind hierdie jaar plaas van 6 tot 8 November. Een van die hoogtepunte van die naweek is die groot Dragon boat resies wat by die Parys Golf & Country Estate plaasvind. Spanne van oral skryf in om te kom deel in die pret. ‘n Dragon boot span bestaan uit 22 …

Die jaarlikse Domefees in Parys vind hierdie jaar plaas van 6 tot 8 November. Een van die hoogtepunte van die naweek is die groot Dragon boat resies wat by die Parys Golf & Country Estate plaasvind. Spanne van oral skryf in om te kom deel in die pret.
‘n Dragon boot span bestaan uit 22 deelnemers. Inskrywingsvorms is beskikbaar by die Parys Info kantoor in Waterstraat of skakel 056 811 4000. Spanne wat nog wil inskryf moet egter gou spring aangesien die hoeveelheid spanne wat mag deelneem beperk word.
Besoekers wat wil deel in die pret op die walle van die Vaalrivier mag reeds vanaf 07:00 op 8 November hul plekke kom inneem. Stalletjies sal ook op die terrein beskikbaar wees vir die hongerpyne en droë kele.

Back to top button