NewsNews

Hoop vir Brandon in Istanboel

// VANDERBIJLPARK. – Om elke oggend wakker te word en al die mooi om jou te bewonder, is ‘n seën van Bo, tensy jy dit sowat 85% minder kan sien. Brandon Barnard (22), oudleerling van die Hoërskool Transvalia, is gebore met die oorerflike oogsiekte, Stargardt’s. Brandon se ma Sanet het die keuse gemaak om nie …

//

VANDERBIJLPARK. – Om elke oggend wakker te word en al die mooi om jou te bewonder, is ‘n seën van Bo, tensy jy dit sowat 85% minder kan sien.
Brandon Barnard (22), oudleerling van die Hoërskool Transvalia, is gebore met die oorerflike oogsiekte, Stargardt’s.
Brandon se ma Sanet het die keuse gemaak om nie te werk nie, om Brandon sodoende deur sy skoolloopbaan te kan help.
“Ek het vir hom opsommings gemaak en sy skoolwerk-leesstof vergroot sodat hy kon leer. Hy het matriek geslaag, al was hy genoodsaak om dit met ‘n vergrootglas te doen,” vertel Sanet.
Brandon het tans net 10 – 15% sig oor en daar is geen oogspesialis in Suid-Afrika wat hom kan help om sy sig te verbeter nie. Daar is wel ‘n dokter in Istanboel wat die oogsiekte behandel.
Volgens dokter Osman Firatli kan Brandon se sig na 20 behandelings met soveel as 50 – 60% verbeter. Die behandeling word Electro Accupuncture genoem.
Die probleem is dat Sanet nie die fondse het om Brandon te stuur nie. Brandon se pa is aan ‘n hartaanval dood en geen geld of huis is aan hom nagelaat nie.
“Ons was vir 14 jaar inwoners van Vanderbijlpark, maar moes noodgedwonge in Januarie na my suster in Boksburg verhuis. Die uitgawes beloop sowat R100 000. Dit sluit die 20 behandelings, vliegkaartjies en sy verblyf vir sowat ses weke in,” sê sy. Vir enige navrae of hulp kan Sanet by 082 936 1032 gekontak word.
Brandon Barnard (22), oudleerling, Hoërskool Transvalia, oogsiekte, Stargardt’s.
Brandon Barnard (22), oudleerling van die Hoërskool Transvalia, is gebore met die oorerflike oogsiekte, Stargardt’s. Brandon het tans net 10 tot 15% sig oor. Daar is egter hoop vir beter sig indien hy ‘n dokter in Istanboel kan besoek.
Back to top button