AmusingCommunityLifestyleLocal newsPhoto Galleries

Chris en Rita vier 50 goue jare saam

Chris en Rita Koch van Vereeniging het op 3 Junie hul 50ste huweliksherdenking gevier.

 

Chris en Rita Koch van Vereeniging het op 3 Junie hul 50ste huweliksherdenking gevier. Die egpaar het mekaar in die 1960s in Volksrust ontmoet, waar Rita ‘n verpleegster en Chris as treindrywer vir die Spoorweë gewerk het. Hulle is op 3 Junie 1967 getroud en na die geboorte van hul eerste seun het hulle na Vereeniging verhuis. Die egpaar is met twee seuns, ‘n dogter en vier kleinkinders geseën. Die egpaar skryf hul 50 jaar van huweliksgeluk toe aan liefde, geluk en geloof. “Dis ‘n leeftyd van twee mense wat saam met mekaar geleef, gehuil, gelag en gegroei het. Dis voorwaar ‘n voorreg om soveel wonderlike jare saam te kan herdenk,” sê die egpaar.

Foto: Die Koch-egpaar op hul troudag op 3 Junie 1967.

Back to top button