CommunityLifestylePhoto Galleries

Local is lekker

Jannie du Plessis As ons mense in die gemeenskap van die Vaaldriehoek oor ons tuiste praat, hoor mens baie keer die woorde “vuildriehoek”.  Ja wel, daaroor is baie te sê veral in die lig gesien van vele waterbesoedeling krisisse om nie eers te praat van vullis verwydering, ongemagtigde stortingsterreine, slaggate en die lugbesoedeling deur ons …

Jannie du Plessis

As ons mense in die gemeenskap van die Vaaldriehoek oor ons tuiste praat, hoor mens baie keer die woorde “vuildriehoek”.  Ja wel, daaroor is baie te sê veral in die lig gesien van vele waterbesoedeling krisisse om nie eers te praat van vullis verwydering, ongemagtigde stortingsterreine, slaggate en die lugbesoedeling deur ons vele industrieë.

Kyk jy verby al hierdie euwels van ons tyd, dan sien jy dat ons eintlik in ‘n klein paradysie woon. Deur fyn te kyk en jou af te sny van die euwels en met ‘n kamera en lens in jou hand is daar tog plekke wat jy kan gaan sit in die natuur en weer bietjie moed skep vir ons samelewing.

Hierdie gallery foto’s is plaaslik geneem. Vat ‘n bietjie tyd vir jouself en gaan verken die Vaaldriehoek en jy sal verbaas wees dat daar nie net misdaad, slaggate en nuwe tyd se euwels hier rondhang nie. Foto’s: ©Jannie du Plessis ( Mooivaal Media)

Back to top button