Entertainment

Blinde hondjie van gewisse dood gered nadat sy in oop mangat val

Dit was so hittete of Piggy was bokveld toe.

*Die storie het eerste in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad verskyn. Kry elke Vrydag ons gedrukte koerante vir al die jongste nuus.

VEREENIGING – ‘n Blinde hondjie wat spoorloos verdwyn het en vir langer as drie dae vermis was, is onlangs in ‘n oop mangat in Vereeniging gevind nadat sy vermoedelik daarin geval het.

Tieni-Marie le Roux, die tefie se eienaar, was rasend van bekommernis nadat Piggy, haar gesin se Jack Russel/Pug kruising op Saterdag 5 Oktober spoorloos verdwyn het.

Le Roux het die volgende dag meer as 60 pamflette laat druk en aan voetgangers in die Drie Riviere omgewing uitgedeel in die hoop dat iemand Piggy gesien het.

Een van 60 pamflette wat Tieni-Marie le Roux laat druk het om haar hondjie te vind.

Volgens Tieni-Marie is die hondjie Woensdagoggend 9 Oktober deur haar ma ontdek.

Tieni-Marie vertel: “Sy wou om die blok loop en by almal se hekke ‘n pamfletjie plak. Toe besluit sy om agter in die veld te loop omrede mense hekke agter het, om te kyk of sy dalk van agter in iemand se erf gegaan het. Sy het toe die oop gat in die veld ontdek met Piggy daarbinne.”

Volgens Tieni-Marie was die hondjie vol modder toe sy gevind is. “Sy was baie vuil en baie honger.”

Hulle het in die gat geklim en haar uitgehaal.

Piggy eet ‘n weense worsie nadat hy uit die gat gered is.

Tieni-Marie sê: “Ons harte is so bly om haar weer by die huis te hê. Ons hou nie op huil nie. Ons dank net die Here sy het nie seergekry nie.”

Sy het almal wat help soek het, saam gebid het en boodskappe oor die hondjie op sosiale media versprei het bedank. “Die Here het ons gebede verhoor,” sê sy.

Piggy speel weer lekker met haar basie nadat sy gevind is.
Die oop gat wat Piggy in geval het.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button