Skolier en ouer in ongeluk

Niemand is ernstig in die voorval beseer nie.

MEYERTON. – ‘n Ongeluk op die besige Jim Fouché-pad in Meyerton het Dinsdagoggend spitsverkeer tot stillstand geruk.

Vaalweekblad verneem die bestuurder van ‘n KIA-voertuig het van agter af met ‘n ander voertuig in spitsverkeer gebots.

Die bestuurder en haar kind was op pad na ‘n nabygeleë skool toe die ongeluk omstreeks 07:40 gebeur het.

Sovêr Vaalweekblad kon vasstel is niemand ernstig in die ongeluk beseer nie.

Die ongelukstoneel is betreklik vinnig opgeruim en die pad is weer op vir verkeer.

‘n Verkeersbeampte by die voertuig wat in die ongeluk betrokke was. Foto: A Assist Towing
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version