Boereorkes uit Vaal benoem vir Afri-Indie toekenning

Nog ‘n top boeremusiek orkes uit die Vaaldriehoek is besig om goot sukses te behaal.

Die Kliprivier Boereorkes, ‘n plaaslike boeremusiek orkes uit die Vaaldriehoek, is benoem vir ‘n Afri-Indie-toekenning.

Die orkes, wat bestaan uit Martin Venter, ‘n plaaslike sakeman, en Hannes Badenhorst, ‘n lid van die polisie en hofordonans, is benoem in die kategorie “Beste Instrumentele Boeremusiek”.

Hulle ding mee met van Suid-Afrika se voorste boere orkeste, soos die Kaapland Boereorkes en Jaco & Manie.

Die plaaslike boereorkes is genooi na die Afri-Indie glansgeleentheid wat Woensdagaand (7 Augustus) in Menlopark in Pretoria plaasvind.

Die orkes se musiek is ook baie gewild op die radio.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version