Local newsNewsNews

Sekuriteitswag kry agt jaar tronkstraf nadat hy man doodsteek

Hy is agt jaar tronkstraf vir die moord opgelê.

*Die storie het eerste in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad (12 – 18 Julie, 2024) verskyn.

VEREENIGING – ‘n Man wat in Oktober 2023 die dood van ‘n ander veroorsaak het deurdat hy die ander man herhaaldelik met ‘n mes gesteek het tydens ‘n stryery in Vereeniging se middestad, is Dinsdag, 9 Julie in die streekhof in Vereeniging tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis.

Roger Dingle, ‘n voormalige sekuriteitswag, is in Oktober 2023 vir poging tot moord in hegtenis geneem nadat hy vir Jan Adriaan ‘Attie’ Venter (50) glo verskeie kere met ‘n mes in die nek, kop, gesig en rug gesteek het.

Die oorledene, Jan Adriaan “Attie” Venter (50). Foto: Verskaf

Venter se saamleefmaat, Elsie Katarina Taylor (53), sê Venter was met sy fiets op pad huis toe, toe hy en Dingle stry gekry het.

Die voorval het op Dinsdagaand, 3 Oktober omstreeks 17:45 naby die hoek van Edwardstraat en Stanleylaan gebeur.

Die twee (Dingle en Venter) ken mekaar glo van die tyd toe hulle saam by ‘n losieshuis in Senator Markslaan gebly het.

Daar het hulle glo al vantevore met mekaar stry gekry.

Roger Dingle, is agt jaar tronkstraf opgelê. Foto: Verskaf
Die losieshuis in Senator Markslaan in Vereeniging waar die oorledene en die beskuldigde in ‘n stadium saam gebly het. Foto: Christiaan Cloete

Venter is na die bakleiery na die Sebokeng Hospitaal geneem vir behandeling, maar het later aan sy beserings beswyk.

n Moorddosier is toe geopen.

Taylor het na afloop van Dingle se vonnis aan Vaalweekblad gesê: “Ek dink nie dit (die vonnis) was genoeg vir wat hy aan aan Attie gedoen het nie…vir hoe wreed dit aan hom gedoen is, dink ek nie dit was genoeg nie.”

Sy het bygevoeg: “Onthou net, ‘n mens kry straf op die aarde deur mense, maar die dag as jy jou oë toemaak, dan kry jy die straf by die Here. Ek het berusting in my hart, want hy is darem agter tralies, maar terselfdetyd is ek nog ongelukkig en voel ek seer in my hart.”

Hierdie was een helse harde tyd vir my,” sê Taylor.

Ek dink nie dit (die vonnis) was genoeg vir wat hy aan Attie gedoen het nie…vir hoe wreed dit aan hom gedoen is, dink ek nie dit was genoeg nie.”

Die oorledene se lewensmaat, Elsie Katarina Taylor met ‘n foto van hoe die oorledene se bebloede klere gelyk het. Foto: Christiaan Cloete
Bebloede klere wat aan die oorledene, Jan Adriaan “Attie” Venter (50) behoort het. Foto: Verskaf

Check Also
Close
Back to top button