SASOLBURG. – Hoewel die Sasolburg Hoërskool Sasolburg se eerste krieketspan gemengde welslae tydens die eerste Kovsie Smash Kriekettoernooi behaal het, loop die skool breëbors rond.
Die rede hiervoor is sy kaptein Meyer Pretorius en onder-kaptein Liam Singleton se insluiting in die toerspan wat tydens die week gekies is, wat Junie/Julie in Nederland gaan toer.