CommunityEntertainmentLifestyleLocal newsNews

Kom braai Saterdag by Bones & Blades ten bate van Jeug- en Bejaardesorg!

Kom braai 'n tjoppie - dalk wen jy die geskenkbewys van R1000 se vleis!

Kom neem op 24 September deel aan aan Bones & Blades Butchery se Braai Kompetisie!

Die slaghuis is in 27 Riemlandstraat, Sasolburg.

Daar’s ‘n lekker prys op die spel … en nog ‘n ding – dis alles vir ‘n goeie saak! Fondse wat die dag ingesamel word, is ten bate van Sasolburg Jeugsorgsentrum en vir Ons Gryse Jeug Bejaardesorg. Kom neem deel en help om die inwoners se lewensomstandighede beter te maak.

Inskrywingsgeld is R200 en ‘n varktjop word verskaf. Bring jou eie braaier en drankies vir die dag saam. Die wenprys is ‘n prysbewys vir R1 000 se vleis! So kom wys jou braaitalent – dalk stap jy met die wenbprys weg! Daar gaan op 24 September ook verskeie GROOT spesiale aanbiedinge by Bone & Blades wees. Kom loer gerus in en maak gebruik daarvan! Meer besonderhede is beskikbaar by 066 186 1830.

 

Back to top button