Ongewone ligstrale sorg vir pragtige foto

Strale lyk asof dit uit 'n wolk gegiet word

Relda Muller van Vanderbijlpark het Donderdag, 19 Mei, dié mooi prentjie met foto’s vasgevang. Sy sê sy was die middag omstreeks 16:00 in Rossini-boulevard in Vaal Mall se rigting op pad, toe sy sien hoe die sonstrale nét op die regte tyd deur die wolke breek om dié ongewone fenomeen – wat lyk soos ligstrale wat uitgegiet word – af te neem.
‘n Paar ander lesers het op Facebook laat weet dat hulle dit ook gesien het, maar meeste was nie vinnig genoeg om ‘n foto te neem nie.
(Dankie vir die foto, Relda! Dis is regtig iets besonders en baie pragtig!

Exit mobile version