AmusingEntertainmentHomesLifestyleLocal newsNewsNews

Koop ‘n pragwoning teen slegs R16 800 in Drie Riviere!

Vereeniging vier in 2022 sy 130ste verjaardag. Om dié rede kyk ons vanjaar terug na die interessante gebeure en die leefwyse uit die stad se ou dae.

Vandag se huiskopers sal sekerlik spring vir ‘n geleentheid om ‘n pragtige huis met drie slaapkamers, dubbelgeriewe, ‘n sitkamer met ‘n essehoutverwarmer, ‘n Amerikaanse kombuis en ‘n netjiese tuin teen slegs R16 800 te kan koop. Dit alles in een van Vereeniging se gewildste woonbuurte!

Ongelukkig is dié “winskopie” waarskynlik reeds byna 50 jaar gelede opgeraap. Advertensies soos die meegaande een wat in 1973 in Vaalweekblad verskyn het, gee mens ‘n kykie in die destydse huispryse in Vereeniging.

As mens in aanmerking neem dat ‘n gemiddelde salaris in die middel 1970’s maar so R2 500 per jaar was, was daardie huispryse ook maar relatief duur.

 

************************************************************************************

Back to top button