Entertainment

Jan Blohm se ‘Levi Jeans’ gaan oor die bemagtiging van vroue en … Jenny

Tot dusver lewer hierdie album nog nét treffers op

 

 

In Julie vanjaar het die bekroonde musiekdigter, Jan Blohm, sy nuwe album Jenny vrygestel.  Tot dusver lewer hierdie album nog nét treffers op.  Die eerste enkelsnit Jenny, asook die tweede enkelsnit, Ou Karoo, pronk beide al sedert uitreiking op verskeie radiotrefferparades landswyd.  LEVI JEANS, die derde enkelsnit vanaf hierdie ongelooflike mooi album, is ook nou pas uitgereik.

 

Die eerste enkelsnit, Jenny, wat net voor die inperking in Maart 2020 uitgereik was, se doel was om die album en sy hoofkarakters aan die luisteraar bekend te stel. Ou Karoo, die tweede enkelsnit, skep die omgewing en lê klem op die landskap wat deur hierdie mense se are vloei en dit vir hulle moeilik maak om elders aan te pas. Dis ’n lied oor Jenny se eie hunkering om terug by die huis te wees. En nou volg die volgende deel van sy storie, LEVI JEANS.

 

“Sy droom heeldag van allerhande dinge,

Sy dra Levi Jeans maar die mooiste lê binne

Daar is wysheid in haar lyf

En mooi in haar sinne

Sy dra Levi Jeans soos heilige linne”

 

Levi Jeans was oorspronklik as oorpakke gedra deur werkers. Dit het later ‘n modegier geword. Dit is ook waar die term “Blue Collar” vandaan kom – die Levi Jean baadjie – met die gevold dat mense dan as werkersklas geïdentifiseer was. In ons land se Geskiedenis was daar ‘n tyd en dele van ons samelewing, waar dit verbied was vir ‘n vrou om jeans te dra – die liedjie gaan oor bemagtiging,” vertel Jan oor die lied wat hy geskryf het.

 

 

Blohm beskryf Jenny as ’n konsep-album. Dit bestaan uit veertien snitte wat die storie vertel van twee tieners wat in die 1980’s in die klein konserwatiewe spoorwegdorpie, De Aar, woon.

 

“Die album is nie net nog ’n versameling liedjies nie,” verduidelik Jan. “Ek het baie moeite gedoen om oor die afgelope vyftien jaar liedjies en gedigte saam te sit om ’n storie te vertel. Dis soos ’n fliek van Jenny se lewe.”

 

LEVI JEANS is beskikbaar op Jan se album, Jenny. Kry die liedjie hier:  https://lnk.to/qWJR7gaL

 

SOSIALE MEDIA SKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/janblohmfanpage/

Instagram: @janblohm2020

Twitter: @JanBlohm

Back to top button