CommunityEntertainmentLifestyleLocal newsNewsNewsNews galleriesPhoto Galleries

‘Natuur’lik spog klub met puik foto’s

Die Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging se tema vir September was “Natuur”. In ‘n land soos Suid-Afrika met al die nasionale bewaringsgebiede is natuurfoto’s ‘n gewilde genre en is die standaard van nature hoog. Wilde diere kruip dikwels tussen takke en grasse weg en daarom is Mietsie Visser se Leopard licking paw ’n uitsonderlike foto en welverdiende wenner in die senior-adeling (4, 5 …

Die Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging se tema vir September was “Natuur”. In ‘n land soos Suid-Afrika met al die nasionale bewaringsgebiede is natuurfoto’s ‘n gewilde genre en is die standaard van nature hoog.
Wilde diere kruip dikwels tussen takke en grasse weg en daarom is Mietsie Visser se Leopard licking paw ’n uitsonderlike foto en welverdiende wenner in die senior-adeling (4, 5 Ster en hoër) en algehele kategoriewenner. Neville Hein se “Laaste hap voor son sak” is die junior-wenfoto (1-3 Ster).
In die monochroom-afdeling (swart en wit foto’s) het senior-fotograaf Johan Brits asems weggeslaan met sy balletfoto Dancer on the floor. Die treffende foto was ook die algehele wenfoto van die aand. In die junior-afdeling vir monochroom foto’s is Rosie de Jager se “Breath of fresh air” die wenfoto. In die ope-afdeling waar enige foto vertoon mag word is Deon de Jager die wenner in die junior-afdeling met Sisters.
In die senior ope-afdeling is Pine Pienaar se Margate in April die wenfoto.
In die kreatiewe-afdeling waar foto’s gemanipuleer mag word is Vaalweekblad se Elsje Vermeulen die wenner in die senior-afdeling met The Joker: spreading some love. Nuwe lid, Chris Bester (1 Ster), het in die junior-afdeling koning gekraai met “The seagull’s name was Nelson”. Klublede mag ook foto’s aanlyn inskryf.
Dieselfde beoordelaars evalueer dié foto’s en al hierdie inskrywings, met kommentaar, kan op die klub se amptelike webtuiste www.vdbp-photo.org gesien word. Die aanlynwenner vir September is Mietsie Visser se Stormlopie. Die klub kom maandeliks byeen op die kampus van die
Noordwes-Universiteit in die sentrum vir Telematiese Leer, Samancor-ouditorium. Klubaande vind op die derde Vrydagaand van elke maand plaas en begin om 18:30. Alle belangstellendes is welkom.

Back to top button