Wen kaartjies vir Lollos-vertoning

VANDERBIJLPARK. – Die geliefde Lollos, ‘n groot gunsteling onder die jonger gesinslede, kom op 19 Oktober in die Vaal kuier. Lollos, jou slim ding! word deur Kindervermaak Suid-Afrika aangebied en is daarop gerig om Afrikaans by die kleinspan te bevorder. Saterdagmiddag om 17:00 sal die dit Valies se beurt wees om saam met Lollos by …

VANDERBIJLPARK. – Die geliefde Lollos, ‘n groot gunsteling onder die jonger gesinslede, kom op 19 Oktober in die Vaal kuier.
Lollos, jou slim ding! word deur Kindervermaak Suid-Afrika aangebied en is daarop gerig om Afrikaans by die kleinspan te bevorder.
Saterdagmiddag om 17:00 sal die dit Valies se beurt wees om saam met Lollos by die Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark te kuier. Behalwe vir die vertoning waarna uitgesien kan word, kan lesers ook aan die maklike kompetisie deelneem. Die eerste prys is dubbelkaartjies vir die vertoning en die tweede prys ‘n splinternuwe DVD. Hulle sal ook vir Lollos ontmoet en saam afgeneem word.

Om ‘n kans te staan om die pryse te wen:

SMS : Lollos  – gevolg deur jou naam en kontakbesonderhede na 38210

Die sluitingsdatum is Donderdag 10 Oktober om 15:00.
Wenners sal gekontak word.

SMS’e kos R1.50 elk.

 

 

Exit mobile version