CommunityEntertainmentLifestyleLocal newsNewsNews

Pret en trane by Go Purple geleentheid

Pret en trane by Go Purple geleentheid

VANDERBIJLPARK. – Anneri du Plessis, stigter van die Go-Purple foundation wat hul beywer vir die slagoffers van geweld en misdaad, het saam met mede lede van die Go Purple Foundations begin met hulle 67 dae van genade en dankbaarheid veldtog begin.
Almal en selfs die staf en bestuur van winkels in die Palms sentrum en lede van die publiek het ‘n bydrae kom lewer en op die twee “treadmills” kom stap of draf. In totaal is daar 209.96km gestap.
Feitlik elke oomblik van die pret geleentheid is op lewendige Facebook uitsendings uitgesaai. Die Go Purple Foundation maak die publiek bewus met hulle pers gekleurde hare dat daar hoop, genesing en oorwinning is na trauma of verkragting.
Die gasspreker die aand was Riana Coertzen. Sy het die gehoor aan haar lippe gehad met die vertellings van haar stryd met haarself en God nadat sy eers haar broer op 13 Desember 2002 in ‘n ongeluk aan die dood afgestaan het. In 2005 sterf haar pa aan kanker terwyl die familie aanskou. Op 25 Oktober 2014, dieselfde dag as wat haar pa dood is, pleeg haar ma selfmoord na ‘n lang stryd teen depressie. Om dinge te vererger in haar lewe vermoor haar swaer, Fanie du Preez haar suster Thea en twee kinders, Corlia en Philip op 3 Desember 2015.
Verskeie trane moes opgedroog word na haar lewensverhaal.
As deel van die aand se verrigtinge het “Ons lieflinge”, Rudi Claase en Charnè Hugo die gaste met hul pragstemme vermaak. Charnè wat reeds sedert die ouderdom van vier maande verlam is weens ‘n suurstof tekort tydens ‘n hartoperasie, se sangtalent het nou onlangs ‘n hoogtepunt bereik toe “Ons Lieflinge” se album “Miljoene Stemme” by die 2018 Ghoema musiektoekennings gekroon as die beste ligte klassieke Afrikaanse musiek-album.
Rudi Claase is oorspronklik van die Vaaldriehoek en liedjieskrywer van formaat en het voorheen saam met Corlea Botha opgetree het as Rudi en Corlea.

Rudy Claase en Charné Hugo het die gaste vermaak met hul prag sangstemme. Foto: Jannie du Plessis
Riana Coertzen wat die gehoor vertel het van haar verliese in die lewe veral nadat Fanie du Preez haar suster Thea en haar neef en niggie Carlia en Philip op 3 Desember 2015 vermoor het. Foto: Jannie du Plessis
Die Go-Purple Foundation beywer hulle vir die slagoffers van geweld en misdaad, soos onlangs toe die lede van Go-Purple Foundation elke dag by die hof in Bloemfontein was met die Poppie van der Merwe (links bo) moord en hofsaak. Foto: Jannie du Plessis

Back to top button