AmusingEntertainmentHealthLifestyleLocal newsNewsSponsored

Kweek ‘n baard en wees ‘n wenner!

Riviera Eiendomme skenk 'n lam aan die wenner!

 
Dit is November en Vaaldriehoekse manne het nou die geleentheid om aan die jaarlikse baardgroei-projek deel te neem. Dié projek, wat tradisioneel in November geloods word, se doel is om kankerbewustheid onder mans te bevorder en ook om noodsaaklike fondse vir kankerlyers in te samel.

Vanjaar vat VCR 90.6 FM Stereo, Riviera Eiendomme, Ster en Vaalweekblad hande vir ‘n opwindende baardgroei-wedstryd waarin die gelukkige wenner ‘n lam kan wen, geskenk deur Riviera Eiendomme. Ander pretpryse is ook op die spel!

Om deel te neem is maklik. Mans van enige ouderdom wat wil deelneem, betaal so gou as moontlik ‘n registrasiefooi van R100 ten bate van kankerlyers en neem ‘n foto van jouself sonder ‘n baard of snor.

Laat groei dan jou snor, volbaard of bokkiebaard en laat neem aan die einde van November weer ‘n foto van jouself met jou welige snor of baard. Stuur jou foto’s na rfichat@media24.com. Die foto’s gaan op Vaalweekblad en 90.6 FM Stereo se webtuistes/facebook gepubliseer word, en die finaliste verskyn dan in Vaalweekblad, waarna ‘n paneel beoordelaars die wenner gaan kies.

* Mans wat wil deelneem, kan by Vaalweekblad se kantore in Vanderbijlpark registreer. Betaal die R100 by Vaalweekblad se ontvangs op die eerste vloer van die Ekspa-gebou in DF Malanstraat, vul die registrasievorm in en Voila, jy is ingeskryf.

Nadere besonderhede is beskikbaar by Retha by (016) 950 7000. Vaalweekblad daag alle mans en veral die Goue Driehoek Sakekamerlede uit om deel te neem!

Back to top button