Sprankelbruide van 2017 kan nou inskryf

Baie pryse is vanjaar weer op die spel in Vaalweekblad se jaarlikse Bruid van die Jaar wedstryd. Groot dank aan die groot getal borge wat dié wedstryd ondersteun!

 
Penelope van Vuuren
Soos wat die tye verander, het ons dit goed gedink om Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie ook ‘n bietjie aan te pas.

In plaas van ‘n aandfunksie, gaan ons volgende wennerfunksie in die vorm van ‘n ontbyt aan die oewer van die Vaalrivier wees.

Bruide wat beplan om vir die wedstryd in te skryf, moet op die volgende let:

• Die bruidsjaar strek vanaf Januarie tot Desember.

• Gedurende hierdie tyd sal al die deelnemers se foto’s op Vaalweekblad se webblad gepubliseer word.

• Bruide moet die inskrywingsvorm voltooi en onderteken, wat dan per e-pos aan hulle gestuur sal word.

• Onderhoude sal met bruide gevoer word en daar sal steeds twee finaliste per maand gekies word wat in Vaalweekblad gepubliseer sal word.

• Daar sal nie ‘n stemproses wees nie.

• Bruide moet in die Vaaldriehoek woon.

• Geen korrespondensie sal na afloop van die onderhoude en kompetisie gewissel word nie.

• Die beoordelaars se beslissing is finaal.

Bruide wat gedurende die laaste ses maande getroud is, kan nou hulle foto’s vir ons instuur.

Die sluitingsdatum vir die inskrywings is 11 Augustus. Stuur ‘n e-pos aan Penelope van Vuuren by pvanvuur@media24.com.

Wanneer jou foto ontvang word, sal die inskrywingsvorm aan jou gestuur word.

Inligting wat ons saam met die foto (jpg-formaat) moet ontvang, is die bruid en bruidegom se naam en van, datum van hul troue en ‘n kontaknommer vir die bruid. Skryf sommer vandag jul mooiste foto in!

 

Foto:

Die finaliste in verlede jaar se Vaalweekblad-bruidwedstryd in vrolike luim. Agter van links is Charlene Venter, Bianca du Plooy, Simone Cowan, Angel Buitendach, Natasha Steyn en Belinda Bothma. Voor van links is Domonique van Tonder, Tascha Brits, Angie Roos, Deone Valentine en Ashley O’Gorman.

Exit mobile version