Kan JY dalk beter doen?

Die moddergat is blykbaar een te veel vir ons deelnemers!

Daar was tot dusver hope bloedsweet en (amper) trane maar ook baie lag en plesier vir die manne en meisies op die 4×4-baan. Dit gebeur natuurlik alles by die All Adventure naweek by Stonehenge buite Parys. Die moddergat was vandag baie ouens se baas…  Kom toets gerus more jou voertuig en vaardigheid op die 4×4 baan! Daar is ook baie ander buitelug-aktiwiteite om aan deel te neem. En as jy moeg word, span lekker uit op die pragtige terrein terwyl jy smul aan die lekker eet- en drinkgoed.

Die hekke open more (Sondag) om 08:00. Toegang is R60 vir volwassenes. Kinders onder 6 kom gratis. Kinders van 7 tot 18 jaar betaal halfprys. Studente en pensioenarisse betaal R50 persoon. Bring die hele gesin!

Die pretnaweek word in samewerking met MooiVaal Media (Potchefstroom Herald, Parys Gazette, Carletonville Herald, Noordwes Gazette, Ster en Vaalweekblad) aangebied.

FOTO’s: Thys Foord

 

 

Exit mobile version