Vaalweekblad se Sport-Sterre van 2016

Sport-uitblinkers skuur skouers met Bok-legende

Ettienne van Rensburg – Sportredakteur
VANDERBIJLPARK. – Die finaliste, ouers en eregaste van Vaalweekblad se Sportster van die Jaar-kompetisie het onlangs  by Stonehaven-on-Vaal skouers met Mannetjies Roux, een van die beste spelers wat Springbokrugby nog opgelewer het, skouers geskuur.

Vaalweekblad begin sommer vroeg-vroeg in 2017 met die insameling van inligting vir die nuwe jaar se Sport-Ster wedstryd. Skoolgaande atlete, hul afrigters, onderwysers en ouers kan gerus Vaalweekblad se sportblaaie dophou vir meer inligting oor die nominering van Vaaldriehoekse atlete vir dié jaarlikse prestige toekennings.

 

Laerskool Risiville het vanjaar goeie verteenwoordiging by Vaalweekblad se Sportster van die Jaar-funksie geniet. Diego da Silva, Heinrich Cloete en Marli Dimond was almal finaliste en die laasgenoemde twee het as hoofkategorie-wenners uit die stryd getree. Saam met hulle Mannetjies Roux en skoolhoof, Frik Pieterse.
MooiVaal Media se personeel het nie die kans deur hulle vingers laat glip om saam met Mannetjies Roux afgeneem te word nie. Voor is Ettienne van Rensburg (sportredakteur, Vaalweekblad) en Mannetjies Roux. Agter van links: Wouter Pienaar (joernalis, Potchefstroom Herald), Hennie Stander (redakteur, Potchefstroom Herald) en Thys Foord (senior bestuurder, MooiVaal Media).
Die sangeres Verona Goslett het die sportsterre en gaste met ’n puik vertoning vermaak.
Exit mobile version