AmusingLifestyleNews

Humor: Geen biltong in die Hemel nie!

Skryf tot 27 Junie in vir ons Vadersdagwedstryd en wen lekker pryse!

Humor: Wyse raad oor biltong op Vadersdag 

Sampie van die Facebookgroep “Afrikaans – Stories met Sterte”, vertel hierdie verhaal, so reg in dié tyd waar ons pas Vadersdag gevier het:

Ek is ‘n groot liefhebber en voorstander van biltong, maar moet dit maar fyntjies vat om die pyn en lyding wat daarmee gepaard gaan, tot die minimum te beperk.
Ek het het gesê “fyntjies vat”, nie geheel-onthou nie. Die pyn is natuurlik nie al rede vir die “fyntjies vat” nie. Die ander rede is die prys. Nou gebeur dit dat so ‘n ou gelukkie ook na my kant toe kom (soos op Vadersdag), en daar weer biltong in die huis is (danksy die kinders).
Nou het biltong in ons huis ‘n storie. Ina het nooit eintlik biltong geëet nie, tot die dag dat iets in haar gevaar het. Van daardie dag af deel ons die biltong, of anders kry ek te weinig.
Eendag net voor Vadersdag sê ek vir Ina: “Jong, ek is darem nou uitspattig lus vir biltong.”
Kry ek eers ‘n preek oor die nagevolge van wat biltong op my het, en toe die slimmigheid: “Eet liewer ‘n appel, dit is gesonder.”
Haal ek toe my eie slimmigheid te voorskyn en vertel haar met groot respek: “Appels en vrugte gaan ons eendag baie in die Hemel hê om te eet, maar biltong gaan daar nie wees nie, want daar gaan mos nie meer geslag word nie.”
Dit het haar die mond gesnoer. Nou is die les wat julle uit die verhaaltjie moet leer net dit: Eet biltong terwyl dit nog beskikbaar is. Seën en vreugde vir julle.

**********************************************

* Valies, onthou dat julle nog tot 27 Junie het om in te skryf vir Vaalweekblad en Ster se Vadersdagkompetisie. Vertel ons in ‘n kort boodskap (van nie meer as een paragraaf nie) waarom jou pa of man die beste in die wêreld is. Whatsapp ‘n foto en ‘n boodskap oor jou pa na 076 454 9256 – onthou om julle name by te voeg!
Indien jou man of pa oorlede is, kan jy steeds deelneem. Die pryse wat gewen kan word, sluit in:
* ‘n Heerlike naweek op die bosveldplaas Africa Silks Farm naby Graskop
* ‘n Vlotvaart en ete by Stonehaven
* ‘n Ete by Dros Vanderbijlpark – en ‘n karwas
* ‘n Vleis-hamper van La Oma Slaghuis!

**********************************************************************************************************

Back to top button