CompetitionsNewsNewsPhoto Galleries

Baba- en Kleuterwedstryd 2020: Skryf jul kleingoed nou in!

Dis weer tyd vir Vaalweekblad en Ster se opwindende Baba- en Kleuterwedstryd van die Jaar!

Jou seuntjie of dogtertjie kan dalk vanjaar se hoofwenner wees! Groot kontantpryse en prysbewyse is vanjaar weer op die spel. Moet ook nie vergeet van die aanloklike lesersprys nie! Enigeen wat gaan deelneem en help om die uiteindelike wenners te kies, staan ‘n kans om dié prys te wen.
Vanjaar se vennote en/of borge is Chilli PicNic, IFM 102.2, i-Water, Palms Mall, Vaal Mall, Riversquare, Stonehaven on Vaal, Emerald Resort & Casino en Riverside Sun.
Die wedstryd begin op 13 November en kleingoed kan in verskillende kategorieë ingeskryf word wat wissel van pasgebore tot 6 jaar oud.
Hoe om deel te neem:
Trek jou kleinding netjies aan (geen grimering word toegelaat nie) en bring hulle elke Vrydag vanaf 13 November tot 18 Desember na Chilli PicNic Photography se staanplek by die verskillende lokale (die lys winkelsentrums sal aangekondig word) en laat ons fotograwe ‘n foto van hom of haar neem. Betaal ‘n inskrywingsfooi van R100, vul ‘n inskrywingsvorm in en ons registreer jou kind as ‘n deelnemer.
Alternatiewelik kan ouers ‘n foto van hul baba of kleuter saam met ‘n bewys van betaling van R80 per e-pos na nickychillipicnic@gmail.com stuur. Koop dan net elke week se uitgawe van Vaalweekblad waarin die foto’s van die deelnemers sal verskyn. Hoe gouer jy jou kleinding inskryf, hoe gouer sal sy of haar foto in die koerant verskyn. Kontak Nicky van Chilli PicNic Photography op WhatsApp: 083 744 7711 vir meer inligting oor elke week se lokale en die bankbesonderhede.
* Sosiale afstand en Covid-19-reëls sal ten alle tye tydens die fotosessies gehandhaaf word.
Back to top button