Local newsNewsNews

Aan my geliefde boeties & sussies in Christus

Die 2016 Jesus Leef buitelig Fees word aangebied deur Jump-4-Jesus Ministries vanaf 29 April tot 2 Mei te Grâce Vie De Val, Christelike Vakansieoord net buite Vanderbijlpark (die ou Erina Spa).

Die 2016 Jesus Leef buitelig Fees word aangebied deur Jump-4-Jesus Ministries vanaf 29 April tot 2 Mei te Grâce Vie De Val, Christelike Vakansieoord net buite Vanderbijlpark (die ou Erina Spa). Hierdie fees is `n gemeenskapsprojek wat gabaseer is op liefde en elkeen se verhouding met die lewende God. Ons doel is om kerk leiers te motiveer om saam te werk en `n eenheid te vorm, om verlore christene weer nader te trek en om nuwe siele in te bring na God se Koningkryk. Volgens God se Woord is ons almal deel van een liggaam, Hy verwag dus van ons om te funksioneer as een!

 

Ons is tans besig om `n goeie opvolgplan in plek te stel om sodoende te verseker dat wedergeborenes nie verlore gaan nie. Ons wil graag van wedergeborenes dissipels maak soos daar in die groot opdrag van ons verwag word. Daar gaan `n dienstent wees wat deurlopend beman sal wees waar ons mense gaan help wat bystand verlang met gebed, oorgawe an Jesus, berading, ens. Daar gaan ook kos ingesamel word vir behoeftiges.

 

Ons wil soveel moontlik kerke, skole en ander instansies aanmoedig om betrokke te raak by hierdie fees. Gaste kan kom kamp op die perseel of hulle kan net dagbesoekers wees. Dit gaan `n heerlike geesvervulde familie naweek wees teen spotgoedkoop tariewe, kampering teen die Vaal Rivier, swembad, kos stalletjies, uitstallers, rainbow inflatables, trampolines, ens.

 

Sien die voorlopige program, pamflet en info aangeheg. Ons het spesifiek die program so probeer saamstel dat ons nie julle lede almal sal wegrokkel van julle normale Sondag dienste nie.

 

Daar gaan verskeie bekende kunstenaars wees wat gaan optree, soos:

Danie Botha, Leon Ferreira, Erich Postumus, One Crown, Oom Karolus & Lente, Mervis vd Merwe, Henk & Sandra Barnard, Wickus Nortjé, ens. Daar gaan egter ook verskeie ander lokale kunstenaars en orkeste wees.

 

Ons gaan gedurende die naweek baie Lofprysing en Aanbidding doen en daar gaan verskeie ander bedienings wees soos kragtige Getuienisse, `n Genesingsdiens, Sondagoggend diens, Jeug dienste, Familie diens, Kinder bedienings, ens. Vrydag aand skop ons sommer af met `n Praise en Worship aand onder die sterre met `n lekker kamp vuur en `n bring en braai.

 

Bemarking:     Die bemarking gaan hoofsaaklik gedoen word in die Vaal Driehoek maar ons gaan ook wyer adverteer. Ons gaan `n magtige bemarkings plan hê aangesien ons graag duisende besoekers wil betrek. Die volgende word beplan in die Vaal, Heidelberg, Heilbron, Parys, Potch en Johannesburg omgewing:

  • Verskeie Radio stasies (VCR, IFM, RSG, Radio Kansel, ens)
  • Kruiskyk
  • Koerante (Vaalweekblad, Beeld, Rapport, ens).
  • Social Media.
  • Groot hoeveelhede posters & baniere op lamppale, skole, kerke, instansies.
  • Kort bemarkingsvideo vir Skole en Kerke.
  • Kerk leiers (Geen kerk of kerkverband word direk gekoppel/bevoordeel met die fees nie, maar kerke wat ernstig betrokke wil raak sal voorkeur kry wanneer kos stalletjies geallokeer word. Hulle kan ook betrokke raak by die opvolg projek om sodoende lede te werf).Alle vondse wat ingesamel word word uitsluitlik gebruik vir die uitbreiding van die Koningkryk en dissipelmaking.Voordele vir kerke en hul lede wat betrokke raak:
    1. Raak betrokke by die Opvolgspan en Dienstent en werf so nuwe lede vir jou kerk. Daar gaan baie mense wees wat `n bonatuurlike ontmoeting met die Here gaan hê en Jesus gaan aanneem as sy persoonlike verlosser. Die opvolg en Diens span gaan so `n persoon bystaan met gebed, beraad, begelei en die pad van dissipelmaking saam met hom stap.
    2. Ons beplan `n Aanbiddings skool op Sondag middag wat aangebied gaan word deur Mervis van der Merwe. Dit is spesifiek vir kinders van die Here wat smag na `n intieme verhouding met ons Hemelse Vader. Mervis leer ons om deur aanbidding in daardie intieme teenwoordigheid van God te kom. Dit is nie net noodsaaklik vir die sang leiers nie, maar vir enige toegewyde kind van God. U gemeentelede gaan ongelooflik baat vind deur dit by te woon!
    3. Die kos stalletjie is `n goeie fondsinsamelingsprojek aangesien daar baie mense gaan wees. Laat weet ons so gou moontlik of julle belang sou stel in `n kos stalletjie teen R1000 vir die hele naweek.
    4. Die deelname van julle kerk se orkes kan goeie blootstelling bewerkstellig.
    5. Blootstellingo.v. organisering en bediening vir verskeie van julle lede. Dit is `n goeie voorbereiding vir hulle toekomstige bediening!

     

    Wat verwag ons van Kerke?

    1. Raak aktief betrokke met julle intersessie span en bid asb. vir God se wil tov hierdie fees.
    2. Kontak ons gerus met positiewe voorstelle, ons oorweeg dit graag.
    3. Stuur asb soveel moontlik kontakbesonderhede van ander gemeentes aan na ons toe sodat ons hulle ook deel kan maak van die Fees.
    4. Ons is nog op soek na borge, ons sal dit opreg waardeer indien julle moontlike borge se kontakbesonderhede aan ons kan stuur sodat ons hulle kan kontak.
    5. Bemark nou al die fees by julle gemeentes sodat mense reeds die naweek in hul dagboek kan aanbring.
    6. Motiveer julle gemeentelede om aktief deel te word van die bemarking dmv social media.
    7. Bemark 3 weke voor die fees meer aggressief in julle gemeentes d.m.v. onder andere Posters & aankondigings.
    8. Ons glo God wil werklik hê dat kerke moet hande vat om hierdie fees `n groot sukses te maak en om saam te werk as God se liggaam soos in die Woord geskryf staan. Ons soek dus vrywilligers wat kan help, deel wees van, maar ook kan leiding neem met sekere aspekte van die organisering soos Kinder bediening, Bemanning van die diens tent, Bemarking (veral by kerke en skole), Borge soek, Hantering van kunstenaars & bedienaars, ens.
    9. Stuur gerus besonderhede van lokale kunstenaars/orkeste/dansers/shofar blasers, ens. wat graag betrokke wil raak sodat ons kan kyk waar/en of ons hulle kan inpas.
    10. Ons gaan ook `n program hê vir die kindertjies. Ons is egter nog ernstig op soek na verskeie mense wat iets kan aanbied in hierdie spesiale bediening.
    11. Stuur asb teen Maandag 22 Februarie vir my `n lys met mense wat graag betrokke wil raak (sien aangehegte dokumente) met hulle besonderhede sodat ons die betrokke vergaderings kan reel.
    12. Stel ons ook asb. in kennis indien julle bemarkings materiaal soos `n kort Videoclip van die Fees, of plakkate wil hê, ons sal dit met graagte voorsien op aanvraag.Ek sien uit na julle positiewe insette, mag die Here julle seën en mag julle ons ongelooflike Redder, Jesus, se guns, vrede en liefde ervaar soos nog nooit tevore nie!

     

 

Back to top button