Local newsNewsNews

Vaalweekblad op 3 Junie terug op die rak!

Vaalweekblad is verheug om te kan aankondig dat die koerant, in sy tradisionele gedrukte weergawe, van die begin van Junie weer terug op die rakke sal wees. Die eerste uitgawe verskyn op Woensdag, 3 Junie. Hoe lekker gaan dit nie wees om die koerantblaaie weer tussen jou vingers te voel nie!

Hoewel Vaalweekblad die afgelope twee maande sy lesers deur moderne platforms soos ons gewilde webtuiste en Facebook oor alle plaaslike gebeure op hoogte gehou het, was daar daar heelwat lesers wat op baie nuusgebeure “uitgemis” het. Daar is ook heelwat nuus wat nie altyd geskik is vir die web nie (soos onder meer kompetisies, lesers se briewe, menings, skolenuus, musiek en kuns om ‘n paar te noem), maar wel ‘n volwaardige tuiste in die koerantblaaie verdien. Volgende week dié tyd, is dit iets van die verlede en sal ons jarelange lesers  weer soos voorheen, elke week oor gebeure in die Vaal (goed en sleg, opbeurend en soms hart verskeurend) kan lees.

Vaalweekblad is reeds 55 jaar in die Suid-Afrikaanse koerantwese werksaam en het deur die jare verskeie toekennings verwerf as een van die voorste gemeenskapkoerante in die land. Ons span sien daarna uit om dié trotse tradisie voort te sit.

Inwoners van die onderskeie dorpe wat nuuswenke het kan die volgende nommers skakel om met joernaliste in kontak te kom:

Vanderbijlpark en Sasolburg

Gerda Bruinette (083 324 7254)

Lazarus Dithagiso (082 763 9867)

Ettienne van Rensburg – Sportredakteur (078 889 1128)

Elsje Vermeulen – Redakeur (083 417 1059)

Vereeniging en Meyerton

Christiaan Cloete (076 437 6478)

Lebo Chaha (072 742 5861)

 

Back to top button