EntertainmentLocal newsNewsNews galleriesPhoto Galleries

Amor kuier in Vaal

VANDERBIJLPARK. – Amore Vittone het vandeesweek in die Vaaldriehoek gekuier en by IFM 102.2 se studio ‘n draai gemaak om haar nuwe CD te bemark. Met haar nuutste album, EK BLY NET ‘n MA, wys Amor ons dat haar toekennings nie na haar kop toe gegaan het nie, maar sy besing die voorreg van ma-wees …

VANDERBIJLPARK. – Amore Vittone het vandeesweek in die Vaaldriehoek gekuier en by IFM 102.2 se studio ‘n draai gemaak om haar nuwe CD te bemark.

Met haar nuutste album, EK BLY NET ‘n MA, wys Amor ons dat haar toekennings nie na haar kop toe gegaan het nie, maar sy besing die voorreg van ma-wees met haar groot treffer, EK BLY NET ‘n MA. AS DIE WêRELD GAAN STAAN is ‘n opbouende, positiewe lied. Amor deel haar hart en siel met ons op hierdie album waarvan sy 9 van die liedjies self geskryf het saam met die befaamde Marius Brouwer. Marius was ook die uitvoerende vervaardiger van die album, en ons weet hy is van die meesters in die bedryf.

EK MIS JOU en EK VAL VIR JOU deel sy dalk haar hart, of maak sy joune sag met haar unieke stem wat jy amper versigtig wil na luister, want dis suiwer en skoon soos kristal.

Met NONNO NONNA (ma en pa) en VOGLIO CANTARE kom haar Italiaanse agtergrond na vore en is dit nie die mees sjarmante taal op aarde nie? Natuurlik; daardie sjarme vloei in haar are.

Amor is een van die min mense wat al haar talente inspan om drome waar te maak. Iemand wat ander inspireer en wat regtig voluit leef. Nie net vir wêreldse drome nie, maar ook leef vir haar familie en haar kinders. Jy kan dit duidelik hoor in elke woord van elke lied.

Amor word net mooier, wyser en kruip dieper onder elkeen se vel in met tyd. Hierdie is ‘n goedvoel album en een van daardie wat jy moet hê.

Sy gaan jou inspireer om la dolce vita te leef!

You can read the full story on our App. Download it here.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za More »
Back to top button