AdsEntertainmentLifestyleLocal newsSponsored

Absa vereer Botha & Deysel Executive as ‘Used car dealer of the year’ in SA

Absa vereer Botha & Deysel Executive as 'Used car dealer of the year' in SA

Geborgde Inhoud

VEREENIGING. – Botha & Deysel Executive is onlangs vir die 29ste opeenvolgende jaar as ‘Absa Golden Dealer’ aangewys. In 2017 is hulle ook aangewys as Absa se ‘Gebruikte Motorhandelaar van die Jaar’.
Dit is ‘n groot eer vir die Vaaldriehoek aangesien Botha & Deysel Executive een van slegs twee motorhandelaars in Suid-Afrika is wat dié prestasie, Absa se Goue Handelaarstrofee, vir soveel agtereenvolgende jare kon verwerf. Botha & Deysel Executive het deur die jare al verskeie groot toekennings ontvang en was byvoorbeeld in 2014 die heel eerste handelaar om Absa se gesogte Arendtoekenning vir uitsonderlike prestasies te verwerf. Sedert 2013 ontvang Botha & Deysel  Executive ook jaar-najaar ‘n gesogte PMR Diamond Arrow-toekenning, waar hulle deur onafhanklike beoordelaars en die publiek self, vir uitmuntende diens uitgesonder word. Dat daar baie hard vir dié toekennings gewerk word, is seker. Daarvan kan duisende tevrede kliënte getuig, maar Frikkie Botha, hoofdirekteur, sê die onderneming se sukses is hoofsaaklik te danke aan baie genade van Bo. Frikkie se seuns, wat sedert 2011 by die maatskappy betrokke is, is sedert vanjaar aan die stuur van sake by die verskillende takke. Armand is die handelaarsprinsipaal in Vereeniging; Frikkie junior is die handelaarshoof van die Vanderbijlparktak en Ruan staan aan die hoof van al die takke se finansiële sake.

Me. Jeanette de Kock is die afgelope jaar deur Absa op Botha & Deysel Ececutive se vloer geplaas. Dié bekwame vrou hanteer al Absa se finansieringstransaksies by die onderneming en doen ook privaatfinansiering. Jeanette werk reeds 20 jaar vir Absa en is ‘n voorslag wat beslis weet wat sy doen. Sy nooi al haar kliënte uit om haar te kontak. Met meer as 450 voertuie in hul vertoonlokaal bied Botha & Deysel
Executive steeds die beste inruilpryse en hulle lewer landwyd af. Uitstekende kliëntediens word gewaarborg. Die onderneming koop en verkoop hoëgehalte gebruikte motors teen die beste pryse en het ‘n uitgebreide voertuigkeuse wat wissel van ligte passasiersvoertuie, SUV’s, 4×4’s en bussies tot afleweringsvoertuie.
“Hoewel ons fokus op gebruikte voertuie, is dit altyd ‘n plesier om vir ‘n kliënt presies te vind waarvan hy of sy droom, hetsy dit ‘n gebruikte of nuwe voertuig is,” sê Frikkie. Sodra jy jou ideale motor gekies het, staan die span en Jeanette jou by om finansiering te reël. “Ons ervaring en toekennings spreek vanself – kom stel ons gerus op die proef,” nooi Frikkie. Botha & Deysel Executive se vriendelke verkoopskonsultante staan gereed om jou te help om ‘n nommerpas voertuig vir jou te vind. Skakel hulle sommer vandag nog by (016) 455 1201 in Vereeniging, of (016) 100 0196 in Vanderbijlpark om meer oor die onderneming en die beskikbare voertuie uit te vind.

Regs: Jeanette de Kock van Absa staan kliënte by Botha & Deysel Executive by met al hul finansieringsbehoeftes. Sy nooi al haar kliënte en kennisse uit om haar te besoek.

Back to top button