Local newsNewsPhoto GalleriesSchool

Boekwurms woel ook op sportgebied

Dié kleuterskool het sommer 'n hele klompie talentvolle atlete met hope potensiaal!

Boekwurm Kleuterskool in Sasolburg het sommer ‘n hele klompie talentvolle atlete. Dit is bewys toe die Boekwurmpies op Saterdag, 14 April, aan ‘n atletiekbyeenkoms vir kleuterskole by die DP de Villiersstadion deelgeneem het.
Die atlete het twee medaljes en agt trofeë verower, en het ook die trofee vir die skool in die algehele derde plek ontvang.
Volgens die skoolhoof, me. Ipsie Terblans, is dit ‘n voortreflike prestasie vir dié opkomende kleuterskool.

Die Boekwurmpies se afrigter, Ina Fourie (links) saam met die geesdriftige skoolhoof, me. Ipsie Terblans.
Wian Kapp was een van die Boekwurm Kleuterskool se uitblinkers by die atletiekdag.

Back to top button