AmusingLifestyleLocal newsNews

Oupa en ouma saam op die rooi tapyt

Gaan as kleindogter se metgeselle saam na Graad 7-afskeid

Oupa Jan en Ouma Ria Esterhuyzen (albei 83) van die Herfsoord Aftreeoord in Vanderbijlpark, het die kollig gesteel toe hulle onlangs hul jongste kleindogter, Femke Vandekeere (13) se graad 7-afskeid as haar metgeselle bygewoon het. Femke se skool, die Maranatha Christelike Skool in Glen Marais, het ouers uitgenooi om saam met hul kind op die rooi tapyt te loop op die aand van die formele afskeidsplegtigheid. Omdat Femke besonder na aan haar grootouers is, het sy haar ouers se toestemming gevra om dié uitsonderlike seremonie liewer met haar oupa en ouma te deel. Toeskouers was duidelik aangedaan toe dié pragtige jong meisie treetjie-vir-treetjie saam met haar ouma en oupa, wat albei met kieries loop, oor die rooi tapyt stap. Hulle het ‘n staande toejuiging van al die ouers, leerlinge en onderwysers gekry.

 

Back to top button