AmusingEntertainmentEventsLifestyleLocal newsNews

Tonne pret wag by Tjokkerfees!

Die Tjokkerfees vind plaas vandag en more, Vrydag 3 November en Saterdag 4 November, by Tjokkerland se terrein in J. Van Mellestraat, Vanderbijlpark plaas.

 
VANDERBIJLPARK. – Die Tjokkerfees vind vandag en more, Vrydag 3 en Saterdag 4 November, by Tjokkerland se terrein in J. Van Mellestraat, Vanderbijlpark plaas.

Daar gaan gefokus word op kinders van alle ouderdomme – van voorskoolse babas en kleuters tot laer- en hoërskoolkinders, maar mammas, pappas, oupas en oumas is net so welkom.

Die fees begin op Vrydag, 3 November, om 12:00 met Sonja Herholdt en Tjokkie se vertoning.

Daar gaan ook stalletjies met heerlike kos vir babas tot bejaardes, ‘n pretpark en lekker vermaak vir die jongklomp wees, en die aand tree die gewilde Kwaggabees op. Die supertalentvolle sanger en liedjieskrywer Clemour gaan besoekers ook vermaak. Behalwe vir die pretpark is al die aktiwiteite onderdak, dus gaan die fees voort al reën dit dalk.

Toegang vir Vrydag is R40 per persoon en R60 vir Saterdag. Kleingoed jonger as twee jaar kom gratis. Saterdag kom Lollos, Ollie die Nar, Ricky Faber en Josh Kempen aan die beurt om vermaak aan jonk en oud te verskaf.

Die pret begin die Saterdagoggend reeds om 08:00 met ‘n Candy run. Skole word aangemoedig om mekaar uit te daag. Die wins hieruit is ten bate van die Rotariërs se Children 4 Chrildren, die Go Purple Foundation en die Amri Louw-projek.

Ander pretaktiwiteite sluit onder andere ‘n babawedstryd, Mnr. en Mej. Tjokker, ‘n koekversierkompetisie, ‘n talentkompetisie, danswedstryde en pompom-vertonings in. Modelle gaan ook hul beste voetjies voorsit.

Wees daar vir ‘n fees van pret!

Kwaggabees is onder die talle kunstenaars wat gaan optree.

Back to top button