AmusingLifestyleNews

Hoe weet jy dis die regte een vir jou?

Verhoudingskundige kom vertel die Vaaldriehoek Alleengroep meer oor die liefde en die keuse van 'n ideale maat

 

Retha Fitchat
VEREENIGING. – “Aaaah – hy maak my bene lam!” of “Oeee – sy laat my hart vinniger klop!” Maar is dit genoeg? Hoe weet jy of die persoon wat die vonkel in jou oog sit – en wat voel of hy jou sielsgenoot is – régtig die “regte” een is? Op 25 Junie kom prof. Ras van Niekerk die Vaaldriehoek Alleengroep toespreek oor die onderwerp, “Hoe weet ek dis die regte een?”  Prof. Van Niekerk is ‘n verhoudingskundige en seksuoloog met baie jare se kennis en ervaring van die wisselwerking tussen die twee geslagte. Hierdie is die eerste van drie praatjies, en ‘n moet vir alle enkellopende persone wat graag die regte maat wil ontmoet. Die tweede praatjie handel oor “Die verskil tussen die geslagte,” en die derde se onderwerp is: “Wanneer ek die regte persoon ontmoet het, hoe verseker ek dat hierdie verhouding slaag?”

Alle enkellopendes word hartlik uitgenooi om dié interessante byeenkoms by te woon. Dit vind plaas op 25 Junie om 14:00 by die Metodiste Kerk in Kowiestraat 58, Drie Riviere, Vereeniging. Die toegang is gratis en koeldrank word verskaf. ‘n Bordjie eetgoed sal verwelkom word.Skakel Elsa du Toit vir meer besonderhede by 083 666 8341.

 

Back to top button