Local newsNewsNews

Dit was ‘n saam sing, groot kuier, Country fees

Dit was 'n Country-fees van formaat. Lees meer...

VEREENIGING – Dit was ‘n middag om te onthou. Vyf van die land se beste Country sangers en die bekende Rodeo Girls het saamgetrek vir ‘n Country fees soos min.

Lion Jay & Friends het verlede Sondag by Tuscany Inn vir baie lag, saamsing en hoendervleis oomblikke gesorg.

Lion Jay en Colin Dee sing, To all the Girld we loved before, saam.

Van die toeskouers het so ver as Hartebeespoort en Benoni gery om Lion Jay (Leon Jacobs), Corné Rust, Suzette Jacobs, Collin Dee, Will Jordan en die Rodeo Girls in aksie te sien.

Sangeres Suzette Jacobs en haar man Jan maak ‘n paar sierlike draaie op die dansvloer.

Die vertoning wat skuins na 11:30 afgeskop het, het kuier-kuier tot vlak voor 16:00 geduur.

Van ou Countrygunstelinge tot by ABBA treffers is gesing. Will Jordan het weer bewys hoekom hy al vir jare vele se nommer een sanger is.

Maryka en Ivanka Roux saam met Courntry Sangeres Corné Rust.

Sy nabootsing van onder andere Elvis Presley, Neil Diamond, Pavarotti en Steve Hofmeyr het almal aan die lag gehad en terselfdertyd laat kop skud oor sy ongelooflike talent.

Van die Meyerton Senior Klub se lede was ook daar. Van links is Deon en Klipi Koekemoer met sy kleinseun op oupa se skoot en Ruth Herould langs Klipi.

Lion Jay het ook sy nuwe enkelsnit vir die eerste keer voor ‘n gehoor gesing. I will never find somebody like you behoort eersdaags die treffersparades te tref.

Melissa en Attie Pieterse is groot Will Jordan aanhangers en het al die pad van Benoni gekom om die vertoning by te woon.

Naas die Rodeo Girls (Lientjie Bayman, Christine Deetlefs en Tessa Booysen) se uitgewerkte danspassies het van die ander toeskouers ook gereeld hul draai op die dansvloer gemaak.

Will Jordan boots Elvis na.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button