Local newsNewsNews

Spoedvrate trek saam in Vereeniging

Die sosiale kant van Ultimate Outlaws Raceway Kampioenskappe vasgevang.

VEREENIGING – Saterdag het toeskouers van vroegmiddag ingestroom, die vure is aangesteek en die koelersakke reg geskuif.

Sarie en Elie Koster het die aand saam met hul familie geniet. Foto: Gerda Bruinette

Dit was weer tyd vir Ultimate Outlaws se 2024 Kampioenskappe by die Ultimate Outlaw Raceway.

Tanith Jacobs, Lise-Mari Botha en Linda Bothma het al die aksie op die baan geniet. Foto: Gerda Bruinette

Al gou het die reuk van petrol en warm bande weer die lug gevul. Op die baan het die verskillende klas motors en Hotrods dit uitgespook, terwyl daar lekker gekuier is op, agter en onder die pawiljoene.

Nathan Malan (4) het ‘n lekker sitplek gevind en wou net weet waar is al die karre? Foto: Gerda Bruinette
Arno Koster, Jason Marx en Willie de Bruyn het ‘n hond uit ‘n bos gekuier. Foto: Gerda Bruinette

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button