Local newsNewsNews
Bikers gee om en staan saam
Laas Saterdag het dit gegons by die Centurions MC klubgronde tydens die jaarlikse Bikers for Bikers dag.
VANDERBIJLPARK – Motorfietsryers van verskeie klubs in die Vaaldriehoek het 5 Oktober die jaarlikse Bikers for Bikers dag bygewoon.
Die dag is by die Centurions MC Vaal se klubgronde in Shakespearestraat gehou.
Daar was heelwat kosstalletjies, veilings en speletjies alles ten bate van die Biker for Biker-fonds wat motorfietsryers in nood help met koopbewyse van elektrisiteit tot by kos.
Die fonds word gesamentlik deur drie klubs geadministreer.
Saterdag is daar weer groot gegaan, met motorfietse wat in die son geblink het terwyl daar oor lang koues gekuier is en DJ Ben die musiek verskaf het.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.