NewsSport

Help Owen om in Italië te kom

Sy ouers het al selfs die minister van sport probeer kontak om te help.

MEYERTON. – Owen Joubert (17), ‘n kranige hokkiespeler van Hoërskool Dr. Malan, is by die Rhinoweek gekies vir die o19 Rhino-toerspan wat vanaf 2 – 12 Desember na Italië sal toer.

Owen se ouers sukkel egter om genoeg geld bymekaar te skraap sodat Owen hierdie eens in ‘n leeftyd ervaring kan aangryp.

Hulle het al selfs die minster van sport probeer kontak, maar sonder sukses.

Mense wat kan help om Owen se droom te bewaarheid kan Owen by 066 238 3723 skakel.

‘n Direkte EFT kan ook gemaak word aan Owen Joubert, First National Bank rekening 631 174 23408, takkode 250 655.

Gebruik jou naam en van as verwysing.

You can read the full story on our App. Download it here.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button